Karla is 'n sorgvrye en kreatiewe bakster. Regardt is 'n vlieënier en 'n perfeksionis. Tog is hulle vriende. Toe Regardt vir Karla vra om voor te gee om sy verloofde te wees, ter wille van sy sterwende oupa, sê sy ja.
Corné van Rooyen is in Pretoria gebore en het later grootgeword in Paulpietersburg waar sy ook in die omgewing skoolgegaan het. Ná skool het sy deeltyds gewerk, terwyl sy deur Unisa studeer het. Sy was nog altyd baie lief vir lees en het van jongs af stories geskryf wat sy haar susters máák lees het. Corné wou nog altyd graag 'n skrywer gewees het en het gedroom oor die dag wanneer sy haar naam op boeke in boekwinkels sou sien.