Fleur Greyling is verstom toe Finlay Sutherland op die plaas opdaag. Hulle het mekaar op 'n troue ontmoet waarvan sy bitter min onthou - net dat sy te veel vonkelwyn gedrink het en in haar onderklere wakker geword het. Finlay is 'n hartebreker wat nooit 'n vrou meer as een maal uitneem nie, maar Fleur is anders.