Die elemente van 'n vuur is suurstof, hitte, brandstof, en 'n chemiese reaksie. Wat is die elemente van die apokalips? Wolk, Roet, Vuur, en 'n chemiese reaksie? Die noodlot het Rufus en Xandr van mekaar geskei.
Hannes Barnard is 'n multigenreskrywer van Afrikaans en Engelse fiksie. In 2020 publiseer hy Wolk, 'n apokaliptiese jeugverhaal. Dit word benoem vir die 2021 kykNET-Rapportprys. Roet, die tweede boek in die Wolk-reeks, verskyn in 2021. Dit word in 2022 ook benoem vir die kykNET-Rapportprys. Vuur voltooi dié opwindende reeks! Wanneer hy nie skryf nie is hy waarskynlik besig om van sy volgende avontuur te droom. Hy woon in Johannesburg saam met sy vrou en werk as verkoopsbestuurder by 'n uitgewer. Volg hom op Instagram: @hannesbard2005 en op TikTok @hannesbarnard.