EEUW! JIG! SIES! BLEG! Dis WALGLIK - maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU - hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL!
Wat is 'n snotblom? Hoe groot was 'n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies - en hoe smaak dit? Wat is hiënabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies?
Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!