Salomé is 'n opkomende skilder wat op die weeklikse kunsmark 'n bestaan probeer maak. Tot 'n vreemdeling met grysblou oë vir haar 'n uitstalling reël. Maar hy is eintlik slegte nuus, te veel soos haar eksman. Of is hy?
Santi Neven is in die Vrystaat gebore, het in Natal grootgeword, lank in Gauteng gebly, in die Kaap 'n gastehuis gebou en woon nou weer in Gauteng. Sy is 'n weduwee met twee seuns. Haar eerste Romanza, Goudgeel liefde, verskyn in 2012 en word vinning 'n topverkoper.