|
Hermann Giliomee word internasionaal erken as voorste historikus van die Afrikaners. Hy het die prestigeryke Jan H Marais-prys verower, en The Economist het The Afrikaners uitgesonder as die beste geskiedenis van Suid-Afrika wat nog geskryf is. Sy baie boeke sluit in Die Afrikaners en Die laaste Afrikanerleiers, langdurige topverkopers.
|