Emosionele welsyn lê aan die kern van persoonlike sukses. Ons kan ons ware potensiaal slegs bereik wanneer ons leer om ons emosionele reaksies beter te verstaan en te beheer. _x000D_
Pieter van Jaarsveld wys hoe elke mens emosionele welsyn kan bereik deur sekere emosionele vaardighede aan te leer. Hiermee saam wys hy die leser hoe om 'n doeltreffende ambassadeur en beelddraer van Christus te word wat voluit lewe tot eer van God. _x000D_
Die hart van 'n wenner was die eerste boek oor emosionele intelligensie wat vanuit 'n Christelike perspektief geskryf is. Dit is al ses keer herdruk en 13 400 eksemplare is al verkoop. Dit is 'n praktiese gids gevul met persoonlike anekdoktes; aanhalings deur bekende wysgere sowel as wêreldbekende motiveringskrywers en -sprekers. Omvattende selfhelptoetse en antwoorde; diagramme en 'n lys van leesstof vir verdere navorsing sal die leser help om sy/haar volle potensiaal te bereik.