Toe Barbara se ouers sterf, moet sy haar graad in beeldende kunste staak en uit haar skilderye 'n bestaan maak. Plaaseienaar Ryno de Villiers ontferm hom oor haar en laat haar toe om in 'n vervalle kothuis op sy plaas te bly.
Malene Breytenbach woon in Stellenbosch met haar man, Willie. Sy het al byna vyftig romanses geskryf. Sy skryf ook romans, kortverhale en koerantartikels en lewer gereeld resensies vir tydskrifte en koerante.